CLOETE, Jacob[1]

Male Abt 1630 - 1693  (~ 63 years)


Personal Information    |    Notes    |    Sources    |    All    |    PDF

  • Name CLOETE, Jacob 
    Born Abt 1630  Cologne, Germany Find all individuals with events at this location 
    Gender Male 
    Died 23 May 1693  Cape Town, South Africa Find all individuals with events at this location 
    Person ID I3895  My Genealogy
    Last Modified 6 Apr 2007 

    Family RADEROOTJES, Sophia,   b. Abt 1630, Uts, Cologne, Germany Find all individuals with events at this location,   d. 1 May 1665, Cape, South Africa Find all individuals with events at this location  (Age ~ 35 years) 
    Children 
    +1. CLOETE, Gerrit,   b. Germany Find all individuals with events at this location
    +2. CLOETE, Elsje,   b. 1649, Cologne, Germany Find all individuals with events at this location,   d. South Africa Find all individuals with events at this location
    Last Modified 17 Oct 2017 
    Family ID F2743  Group Sheet  |  Family Chart

  • Notes 
    • Genealogies of Old South African Families: Jacob Cloete (sy seuns spel die naam ook Kloete Kloote en Kloeten), van Keulen. aankoms: waarskynlik 1652. Burger 10 Aug 1657. Kry 10 Oct 1657 'n plaas aan die Liesbeek. Repatrieer in 1671 maar keer weer as korporaal na die Kaap terug. Vermoor 23 May 1693, getroud: Fytje of Sophia Raderootjes, "van Uts in't Land van Keulen".

      Pottas: Jacob CLOETE was born about 1630 in Keulen (Coln), Duitsland. He died on 23 May 1693. Hy is vermoor. 'Deesen avond tusschen 8 ŗ 9 uuren is niet verre want casteel en by't vlecschhuys vermoort Jacob Cloeten, corporaal in dienst der E. Compagnie, d'oudste van Comp's dien garen als hebbende den grondslag deler colonic helpen leggen, en zynde geweest d'ecrste vryman, dog naderhand wederom in Comp' s dienst gekeerd . . . men vond hem deerlyk mishandeld met drie houwen int hoofd en twee steken in de borst, alle vyf doodelyk, behalven nog 25 mindere quetsuuren, leggende in syn bloed gewenteld met zyn degen op syde en in de schcide, soodat hy verraderlyk aangetast most zyn'. Jacob Cloete was van Keulen, Duitsland en het heel waarskynlik in 1652 saam met Jan van Riebeeck na die Kaap gekom. Hy was een van die eerste 'vryburghers' van 10 Augustus 1657. Hy kry 'n plaas aan die Liesbeekrivier in die 'kolonie' wat as Groeneveldt bekend gestaan het en waar Marist Brothers College in Rondebosch nou geleŽ is. Hy het dit Ekelenburg of Ecklenburg genoem. In Desember 1658 het hy 40 beeste en 146 skape besit.

      Hy was getroud met Sophia (Fytje) Raderootjes. Sy was van Eifel (Keulen) voordat hulle na die Kaap gekom het. Jacob se vrou was al aan die Kaap voor Februarie 1660. Sy het saam met haar broer, Peter Raderootjes, in 1659 in die Kaap aangekom.

      Met die Khoikhoi-opstand in 1659 was Jacob en 'n vriend Jan Martensz de Wacht besig om hulle beeste op te pas. Die vrouens wat in die huis was het die bende Khoikhoi gewaar en hulle gewere betyds gegryp om die Khoikhoi te help afweer.

      In 1660 het hy Burgerraadslid geword. Toe Andries Friskus in Maart 1661 kommissaris aan die Kaap was, stel Jan van Riebeeck 'n lys van boere en hul bedrywe as volg op: morg omgeploeg, Jacob Cloete, 23 -Jacob van Rosendaal, 18 - Hendrik Elbertsz, 18 -Hans Ras, 16 -Jan Martensen en Frans Gerritsz, 11 -Jan Pietersz, 25 -Jan Coenraed Visser, 12 - Hermann van [ter] Schelhoven en Hendrik Commerszx, 14 -Cornelis Claesz, 13. Friskus skryf in sy verslag dat die vryburgers buijten clachten was, daar was toe 77 vryburgers, 12 vroue 20 kinders en hulle besit 39 slawe.

      Gedurende Augustus 1668 word hy saam met sy skoonseun Willem Schalkzoon van der Merwe en Jan Verhagen van smokkelhandel aangekla. Hulle sou na bewering 'n aantal beeste van die Hottentotte gekoop het teen 'n prys van vyf keer meer as wat die Kompanje betaal, en strydig met die verbod op handel met die inboorlinge. Hulle is al drie skuldig bevind en tot lyfstraf gevonnis. Gelukkig vir hulle is daardie vonnis deur bemiddeling van goeie vriende opgeskort en vervang met 'n boete van vyftig riksdaalders.

      Jacob was uitgevang omdat hy betrap was om graan privaat te verkoop, in plaas van om dit aan die Kompanjie te verkoop. Hy was ook aangekla vir ruilhandel, diefstal en sluikhandel.

      Nadat Jacob se vrou oorlede was, is sy seun (Coenraad) by Wouter Cornelisz Mostert geplaas en sy dogter (Catharina) by Frans Gerritsz en sy vrou.

      Hy gaan terug na Europa in 1671, maar keer weer terug na die Kaap as 'n korporaal in diens van die VOC. Hy word as tweede in bevel van die buitepos te Klapmuts geplaas, wat gestig is in 1683 en geleŽ was op die grens van die kolonie. Cloete, die poshouer, en 'n soldaat word gedurende 1685 in hegtenis geneem weens herhaaldelike diefstal op die pos en ontrouheid aan hul opdragte. Hulle aanvanklike vonnis was om gebrandmerk te word, gegesel en 25 jaar harde arbeid op Robbeneiland te verrig. Dit word egter tersyde gestel en beslag word op hul besittings gelÍ, hulle moes sonder loon werk op Klapmuts en 'n verdere oortreding sou lei tot die doodstraf. Laasgenoemde straf is toegeken omdat die VOC nie kon bekostig om drie ervare manskappe te verloor nie. Teen 1693 was Cloete nog steeds in diens te Klapmuts.

      Hy word vermoor tussen 8 en 9 uur die aand `bij't vleesch-huis' op 23 Mei 1693, nie ver van die Kasteel nie. Hy was gevind met drie snye oor die kop en twee steekwonde in die bors, al vyf sou noodlottig gewees het, hy het ook 25 kleiner wonde gehad. Dit was eienaardig dat sy eie swaard nie eens uitgetrek was nie, met ander woorde hy was verras en kon geen weerstand bied nie. (Franken beweer dat Cloete maar toe 'n jongmanvan 25 was, in werklikheid was hy baie ouer).

      Hoge (German Personalia): CLOETE
      JACOB (S of his sons Kloote, Kloete, Kloeten). - Cologne. Arr. 1652 (?), b. 10.8.1657, got a farm on the Liesbeeck River 10.10.1657. Repatriated 1671, returned to the Cape as corporal, murdered 23.5.1693. (Entrance in Journal of 23.5.1693: "Deesen avond tusschen 8 ŗ 9 uuren is niet verre vant casteel en by't vleeschhuys vermoort Jacob Cloeten, corporaal in dienst der E. Compagnie, d'oudste van Comp's dienaaren als hebbende den grondslag deser colonic helpen leggen, en zynde geweest d'eerste vryman, dog naderhand wederom in Comp's dienst gekeerd . . men vond hem deerlyk mishandeld met drie houwen int hoofd en twee steken in de borst, alle vyf doodelyk, behalven nog 25 mindere quetsuuren, leggende in syn bloed gewenteld met zyn degen op syde en in de scheide, soodat hy verraderlyk aangetast most zyn, als hy anders nog rap ter been en soo dispoost als een jongman van 25 jaren en onverzaagt was") Cloete was married to Fytje (Sophia) Raderootjes of "Uts int land van Keulen", i.e. probably Uesz in the Eifel. 4 children: Elsje, Gerrit (both born in Germany), Catharina, bapt. 4.4.1660 (Spoelstra, I, p. 14), Coenraad, bapt. 23.4.1663 (ibid., p. 23). Catharina was married 28.1.1680 to the burgher Jan van Brienen (S in CJ 1124: 151), and died 9.7.1702 (CJ 1164: 67). For the other children see G.R. nr. 78. (Leibbrandt, Letters, pp. 264 and 319; CJ 230, p. 311; G.R. nr. 78.)

      Jacob married Fytje RADEROTJES about 1647. (Fytje RADEROTJES was born about 1630 in Uts, KŲln, , Nordrhein-Westfalen, Germany and died on 1 May 1665.) [2]

  • Sources 
    1. [S55] Michael Bryan - mbryan47@gmail.com.

    2. [S48] Christo van Rensburg.


Home Page |  What's New |  Most Wanted |  Surnames |  Photos |  Histories |  Documents |  Cemeteries |  Places |  Dates |  Reports |  Sources